Ek sien dit is alweer mooi meer as 'n maand gelede dat ek iets op die blog geplaas het! So spoed die tyd verby en is dit byna einde van die jaar. As ons terugkyk op die jaar, was dit beslis nie een van die maklikste jare vir ons nie maar ons het oorleef! Finansieël was dit 'n stryd om die wolf van die deur af weg te hou en so sal dit seker nog vir 'n tyd wees maar ek glo ons is op die plek waar ons moet wees en het veel stof tot dankbaarheid.Die laaste paar maande het ons baie verliese op materiële gebied gelei maar is elke keer wonderbaarlik bewaar op persoonlike vlak. As ek nou so terugdink besef ek dat ons teëspoed dikwels met "wiele" te make gehad het... die sleepwa se wiel het afgebreek, daarna die Prado se wiel by die as afgebreek (terwyl ek agter die stuur was) , ons bakkkie se wiele is snags afgesteel by Ouma se agterdeur en daarna 'n vragmotor deur ons wildheining gebars. Nou-ja, eind goed en alles loop en draai weer vir die grootste gedeelte!
'n Paar foto's van die trok-ongeluk:
![]() |
| Hier is die trok deur die vang-reling en teen die afgrond af |
![]() |
| Die wrakstuk -seker so 100 meter verder |
![]() |
| Die kajuit- kan nie glo die bestuurder het lewendig hier uitgekom nie! |
![]() |
| Die bak- die trok het gruis vervoer |
![]() |
| 'n Nuwe "pad"vir ons gemaak en sommer ontbos ook! |
Ons woon die afsluiting van die byevereniging by en het 'n baie aangename en leersame dag.
![]() |
| Estelle en Gian- veilig! |
![]() |
| Maar die bye hou van Gian se parfuum! |
![]() |
| In die borrelbad onder die maanlig |
![]() |
| ....met 'n glasie wyn |
![]() |
| Bye in tuinhuisie by die buurman |
![]() |
| Dries se eie houtskool-oond |
![]() |
| Drakenberge |
![]() |
| Howick waterval |
![]() |
| Carolien gee die hanslam melk |

















No comments:
Post a Comment