Gian se "water-bed" |
Mooi groot bass! |
Dries en Gian het die hele plaas afgestap om opnames te maak met die GPS vir nuwe kampe. Hele paar kilometers is afgelê en die nuwe kampdraad is al intussen gespan. Met die min reën wat ons die seisoen gehad het, is dit beslis noodsaaklik vir effektiewe bestuur.
Gian inspekteer die nuwe kampdraad |
Die honde is uitgeput! |
Tiny soek bietjie verkoeling! |
Tydens Andreas se vakansie het hulle begin met 'n nuwe dammetjie in die donga onder die boord. Na die eerste reën het die dammetjie al mooi water opgevang. Die water is van hier af uitgehewel na Oupa se dam vanwaar besproei kan word.
Dammetjie na eerste reën |
Ons klein hondjie het leeuwe-moed! |
Gian! |
'n Paar foto's van ons wilde en mak diere:
Klein eendjies op Ouma se dam |
Is daar nog enetjie? |
Ai daardie beentjie lyk lekker! |
Koedoes by die vlakte-dam |
Die elande kom af en toe wys hoe groot hulle geword het. |
Ons "werf"-hoendertjies se slaapplek is in die boom voor die sitkamervenster |
Die zebra's kom ook weer oë wys
Die nuutste toevoeging tot die honde-familie op die plaas- Wolfie |
Al byna net so groot soos Jip! |
Panorama van die plaas |
No comments:
Post a Comment